Reviews

We have had many guests over the last 3 years. We are not everyone’s cup of tea, but 99% of our guests have absolutely loved what we have to offer, and many have come back, some even for 3 years in a row.

Overall 100
Cleanliness Thumbs Up!
Comfort Thumbs Up!
Location Thumbs Up!
Facilities Thumbs Up!
Value for money Thumbs Up!
A stunner in the midst of Plett One of the most serene, amazing, breathtaking getaways ever. The hospitality, the friendliness, kindness and conversations with the owners were awesome. I could not have asked for a better home away from home… Omw… my guests whom I have invited to join me, cannot stop ranting and raving about their experience… Thank you so much for the awesome accommodation and friendliness…
Bristol Buys 2019/01/21

 

Overall 100
Cleanliness Thumbs Up!
Comfort Thumbs Up!
Location Thumbs Up!
Facilities Thumbs Up!
Value for money Thumbs Up!
Best part of our stay was the animals. Friendly service thank you very much!!
Anita Sandilands 2018/08/19
Overall 100
Cleanliness Thumbs Up!
Comfort Thumbs Up!
Location Thumbs Up!
Facilities Thumbs Up!
Value for money Thumbs Up!
Peaceful with a beautiful view We enjoyed this underrated peace of heaven. The jet bath was a nice surprise and everything was immaculately clean, we will definitely visit Plett Forest Cabin again!
Jonell Jvr 2018/03/27

 

Overall 60
Cleanliness Thumbs Up!
Comfort Thumbs Up!
Location Thumbs Up!
Facilities Thumbs Up!
Value for money Thumbs Up!
Mooi omgewing Kamers was gerieflik, Cabin het plek vir 9 maar nadat 2 mense gestort het is daar nie meer warm water nie, n spieël in die kamer sal ook n plus punt wees
Madelein le Roux 2018/03/18

Ongelooflik rustig in die natuur en nogtans nie ver van Plett.

Dit is werklik ‘n plekkie vir rus en uitspan in die natuur. Rustige atmosfeer, heerlike verblyf, vleisbraai, stilte, naggeluide wat jou heerlik laat slaap. Veilig, niemand pla niemand, bokkies is pragtig en kom af en toe ‘n kossie vra. Eet sommer uit jou hand. Personeel is vriendelik en behulpsaam. Beddegoed heerlik en skoon en linne word weekliks geruil.

Goeie akkommodasie teen billike prys.

Diens was goed en akkommodasie ook goed en voldoen aan alle vereistes.

Lovely accommodation, neat and safe. I enjoyed my stay.

Great service, easy to find. Very welcoming and lovely place. I enjoyed every single moment.

Goeie waarde vir geld.

Baie rustige plaasatmosfeer. Goeie ligging wat as basis gebruik kan word om verskeie aktiwiteite in die omgewing te geniet. Cabins is voldoende toegerus.

Rustig en regtig mooi!

Baie mooi en rustige atmosfeer en regtig lekker geleë! Kinders het dit regtig baie geniet! Ons sal weet gaan!

Fantasties.

Dit was regtig baie ontspanne by Plett Forest Cabins. Die Cabins is baie netjies. Die personeel is baie vriendelik en baie behulpsaam. Ons as gesin het ons verblyf baie geniet by Plett Forest Cabins en ons beveel dit aan vir al ons vriende en familie.

Ongelooflike mooi bestemming wat ruskans vir die siel bied.

Ons het met ons twee dogtertjies in die Olive Leaf familie Cabin gewoon. Met ons aankoms is ons baie hartlik ontvang deur die eienaar. Ons het baie laat in die donker daar aangekom en sy het ons persoonlik na ons woonplek gehelp en die verblyf goed aan ons verduidelik en ons self met ‘n flitslig gehelp. Die Cabins is pragtig afgeleë tussen groen gras en groen bome en is binne baie netjies met alles wat nodig is. Die takbokke op die eiendom het ons ook ingewag en het elke dag hul verskyning gemaak om ons te groet. Ons het snoesig gebly en alhoewel ons baie privaatheid geniet het, was die eienaar en personeel altyd bereikbaar indien ons iets benodig het. Baie dankie vir ‘n heerlike tyd.

Lekker rustig vir ‘n wegbreek van die geraas.

Al was dit bitter koud die naweek wat ons daar was, moet ek sê die huisies is toegerus met lekker warmkomberse, warmwater-bottels en was die heerlik cosy. Dit is wonderlik om wakker te word met die geluid van voëltjies in die bome en die bokkies is dierbaar.

Ideale plek vir die gesin om as tuis-basis te gebruik en die omgewing te verken.

Die hutte is netjies, skoon, goed toegerus en baie gesellig. Ideaal as ‘n tuis-basis vir bietjie rondry. Die personeel is vriendelik en behulpsaam. Die voertuie staan ver van die hutte af, maar ons was nooit bekommerd oor die veiligheid nie. Die enigste deel wat ons gepla het, is die toestand van die houtvloere. Iemand bo 120kg mag moontlik reg deur die vloer trap. Die hele hut beweeg as iemand in die hut rondloop. Die kinders was mal oor die plek en kon in die middae nie wag om terug te gaan na ons houthuisie toe nie.

Baie lekker maar sal nie weer gebruik nie.

Baie oulike plekkie, maar geen “entertainment” op die perseel nie, bv. dalk ‘n pool-tafel of dart board, klein kroegie en ook die swembad wat nie na 8 mag gebruik word tydens ons vakansie nie was ‘n no go vir my.

A very nice place peaceful and clean.

We enjoy the stay there and will go again and it is child friendly and very safe.

Was besonders lekker en sal definitief weer daar vertoef.

Verblyf was goed. Swembad geriewe was great. Alle inligting wat ons wou hê is met ons gedeel. Ligging is lekker sentraal. Sal definitief weer van die geriewe gebruik maak. Sal definitief aanbeveel.

Heerlik.

Om die bokke te kon voer was vir my kinders ongelooflik. Een nadeel was dat dit direk langs die hoofpad is en waar ons wou ontsnap van karre se gejaag en geluide is ons toe direk langs hoofpad waar jy lorrie en karre elke minuut hoor. Dit was die enigste ding wat nadelig was.

Fantastiese, rustige tyd gehad.

Lieflike plekkie vir families. My kinders het hul gate uit geniet.

‘n Lekker rustige en pragtige plekkie! Sal beslis weer gaan!

Vriendelike diens, baie mooi plekkie en die kinders het die diere so baie geniet! Dal beslis weer gaan!

Uitstekende waarde vir geld.

Baie lekker daar gebly. Kinders het dit baie geniet. Eienaars baie behulpsaam, sal dit definitief aanbeveel.

Baie mooi en rustig.

Die plekkie is baie netjies, mooi. Hout cabins is pragtig. Rustig. Oulike diere en braaiplek was ook baie goed. Hulle gee alles wat jy nodig het.

Rustige natuurskoon.

Kamers ruim en skoon. Goeie gehalte beddegoed met ekstra komberse. Badkamers knap sonder neersit-plek vir klere of toiletsakkies. Storte nog met plastiek gordyne en geen rakkies. Kombuis goed toegerus.

Warm, hartlike ontvangs, huisies is pragtig en privaat, definitief die oornag werd!

Wegbreek vanuit die stadslewe. Gaan voer die takbokke en geniet die skoonheid van die natuur. Nie te ver vanuit Plettenbergbaai geleë nie, so is ideal vir ‘n wegbreek. Baie lekker gebly.

Swak ontvangs.

Ek weet tot vandag toe nie wie die eienaar van die gastehuis is nie; net my kontantwaarde was reg.

Pragtig en rustig.

Baie dankie Karin, ons het heerlik gekuier en sommer lekker tuis gevoel. Ons blyplekkie was goed ingerig en pragtig. Sal beslis weer daar oorslaap wanneer ons weer in Plett is.

Beste tyd van ons lewens!

Dit is ‘n heerlike, rustige atmosfeer maar daar is ook baie om te doen. Dis ‘n baie spesiale plek in ‘n mooi deel van ons land. Defnitief die plek om lekker te rus en ontspan.

Rustig en genotvol.

Dit was een van ons beste vakansies nog. Kinders is veilig en jy kan net terugsit en ontspan. Eienaars is ongelooflik vriendelik en hulpvaardig.

Relaxing, clean and good for the soul.

Close to nature and animals. No cell reception and this is great when you just need to escape.

Lovely! Peace and quiet and so much more.

Totally comfortable, has everything one needs in a self-catering cabin. Will be back in summer so that I can braai with the bokkies looking on. Karen (the owner) is a really lovely lady. Thanks for everything Karen!

Plett Forest Cabins is ‘n fantastiese wegbreekplek waar jy tyd saam met jou geliefde kan spandeer.

Ons het die verblyf vreeslik geniet en sal definitief weer daar gaan bly. Ons was vriendelik ontvang met aankoms en het die stilte in die natuur geniet. Die huisie waarin ons gebly het was baie netjies en alles was daar wat ons nodig gehad het. Ons is baie tevrede

Ons het die verblyf baie geniet.

Het ‘n plekkie gesoek waar ons tuis kon voel en hierdie was die perfekte plekkie. Almal was so behulpsaam en vriendelik. Plett Forest Cabin sal ons beslis weer sien. My seuntjie het die DVD’s so geniet en glo my daar was te veel om van te kies. Nogmaals dankie.

 

Comments are closed.